Gedigte

Titel: Pampoen!
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis irrasioneel, dis simpel, ek ken jou tog
na vier jaar en vier maande
hoe kan ek twyfel na als waardeer ons twee
saam is? En tog...

As jy my nou kon sien
sou jou eerste vraag gewees het:
Is dit iets wat ek gedoen het?
want jy weet nie eers hoe ek nou voel nie?

Kyk, hoe ek deur jou vingers val
my Maat, want somehow wil ek nie
eenvoudig misbaar in jou lewe wees nie
en om (irrasioneel) so te voel, maak my mal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek moet nou eers vir Steve Hofmeyer sê dankie vir die titels wat ek ontleen het: Pampoen, as jy my nou kon sien,kyk hoe ek deur jou vingers val
9 jaar 3 maande 1 week 10 ure oud


Pampoen
Ek neem aan die titel het 'n spesiale betekenis...

"Kyk, hoe ek deur jou vingers val
my Maat, want somehow wil ek nie
eenvoudig misbaar in jou lewe wees nie"

Die bogenoemde is 'n powerful statement en een wat volhou moet word om julle vriendskap te behou. Dit kos werk aan albei kante, doll.

Groete

Chenél
9 jaar 3 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


stunning
9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Sjoe vriendin....ware gevoelens hier vasgevang...lekker om jou goedjies weer raak te lees...

Tella
9 jaar 4 maande 1 week 6 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar