Gedigte

Titel: Papagaai
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sit my in ‘n hok

en gee my saad

en swaai en ‘n stok

en leer my praat.



Spog maar as julle gaste kry

wat rondom my hok drom.

Hulle oo en aa en lag vir my

as ek net een woord brom.



Pappa en Mamma is dan so “sweet”,

hul soen en troetel my

met lekkernye om te eet...

net tot die gaste ry.



Dan moet ek hoor hoe ek kan mors

as Mamma vloer moet vee.

En Pappa dink hy les my dors

as hy my wyn ingee.



Dan sit ek maar weer stokalleen

en fluit so dan en wan.

Of kou maar aan ‘n kamma-been

en wens dat ek net een maal kan

hoog in ‘n boom my vryheid kry

met een soos ek styf teenaan my.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

papagaai
is dit nie maar hoe dit in die lewe gaan nie.. ons elkeen is maar verbonde aan die een of ander hok met n hart vol wense... baie mooi gepen

ek persoonlik hou van die voels en diere in die vrye natuur ... ek is nie iemand vir hokke en dinge nie
5 jaar 6 maande 6 dae 2 ure oud


Hmmmmmm
Ek dink dit is goed geskryf.
Soos Willie sê, meeste mense wat pappegaaie en budgies aanhou, sorg goed vir hulle. Ek is egter nie een vir 'n voël in 'n kou nie...
5 jaar 6 maande 1 week 23 ure oud


Papagaai
Of mammagaai . . .
Maak nie saak nie
Jy skets 'n prentjie wat ek al as regtig gesien het.
Dis egter skaars - die meerderheid is gelukkig met die behandeling wat hulle kry.
Piet Skroeder het vir my gewerk - ek het oor hom geskryf:
Eet van 'n Primus af en slaap op die grond maar die gesin se Budgie eet appel en neute

Raait - die Vers.

Nuut, uit die kas en ek gee vir jou punte vir die ware dramatisering van waartoe die mens wel in staat is !

Thanks.
Hou aan.
5 jaar 6 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Papegaai
Sekerlik die roepstem van vele ander wat so in hokke aangehou word.
5 jaar 6 maande 1 week 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar