Gedigte

Titel: pappa
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as jy woordeloos en aandagtig luister
wanneer ek my siel voor jou ontbloot
jou meevoer na ‘n wêreld so duister
en die diepte van jou empatiese hart
gevoelvol deur jou oë weerspieël word
dat ek besef dat dit nie jou woorde is
wat my so tuis by jou laat voel nie

dis die wete dat jy in die agtergrond
in vreugde, hartseer en nagte so lank
altyd daar is om weer na my te luister
my met wysheid deur die lewe te begelei
of ek presteer, of al faal ek soms
sommer net my veilige hawe te wees
waar ek ruimte het om mens, ja kind
te wees

wanneer jy my in jou vaderarms toevou
is ek tuis, kan ek uithou, ja aanhou
my brose hart soms so verward en bang
kom tot rus, met my kop teen jou wang
my onrus en vrees kom tot bedaring
uit jou stille krag, put ek weer krag
vir die lewe se uitdagings elke dag

pappa,

by jou vind my kinderhart rus
jou arms is my aardse huis
daar is ek vir ewig tuis…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar