Gedigte

Titel: Pappa
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Pappa hier waar ek skryf
Onthou ek nog die dae
Toe ons so lekker saam kon baljaar

Hoe ek as dogtertjie en later vrou
Steeds kon sit op pappa se skoot
Styf in pa se arms toegevou

Pappa was altyd my held
Wat sterk was en alles kon doen
Daaroor wou ek met almal praat

Hardwerkend
Sag en nederig was pa
Dit is my skat wat ek altyd sal bewaar

By pa het ek soveel lewenslesse geleer
Lesse wat ek weer vir ander kan leer
Om pa se erfenis aan hulle oor te gee

As kind het ek geweet
Dat ek ṅ man wil trou soos pa
Vandag is ek getroud met ṅ man soos pa

Die lewe het pa soveel keer laat verloor
Maar wie pa was kon geen mens vat
Steeds was pa sterk en het bo uitgekom

Rykdom lê nie in wat mens het
Dit lê in wie jy is en wie jy dien
God maak ryk, die satan arm

By pa kon ek leer in stilwees is die antwoord
Om niks te doen en oor te gee
Dit is wat weer krag bring

Jare se worsteling met siektes en pyn
Het pa se liggaam verniel tot ṅ ashoop van puin
Tog was pa steeds so pragtig en rein

Pa se dae het al korter geword
Die doodsengel het aan pa se deur kom klop
Skielik is pa weg na ṅ beter plek

Ons moes groet
Sou pa eers weer sien
Die dag as ons by die hemel poort kom

Nou is pa gelukkig
Daar is geen pyn en trane
Saam Herman dans pa nou

Sing saam die Serafs
Heilig, heilig, heilig is die Here God
Almagtig, wat was en wat is en wat kom








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Die gedig het potensiaal.
Die hoofletters aan die begin van elke sin pla. Dit sal meer vloeiend lees as jy die sinne wat oorloop in die volgende reël met 'n hoofletter laat begin en die res in kleinletters hou.

Skaaf ook so bietjie aan die sinskonstruksie
4 jaar 4 maande 2 weke 19 ure oud


pappa
Mooi herinneringe aan 'n dierbare hier vasgepen.
4 jaar 4 maande 2 weke 1 dag oud


Pappa
pragtige ode .. het met n knop in my keel gelees
4 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar