Gedigte

Titel: Pappa s'n
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hande wat stewig kan vasvat,
maar sagter kan vashou;
hande wat keer wanneer ons val,
ons dan help herbou;
hande wat ons foute kan uitwys
sonder om te knou;
hande waarin vandag se brood rys;
in ons glo en vertrou.

Hande wat ‘n drag slae kan gee
- ek wens julle kon sien
die hande wat verlang-trane weg vee
en skuiling in verstaan bied;
hande wat ons altyd nader trek,
probeer fondasie giet;
hande altyd vir ons wyd oop gestrek
liefde gee is liefde geniet.

Hande wat gee sonder om te vra;
die hande waarop hy ons dra;
die hande stram na elke dag se werk
hou ons vanaand bymekaar, sterk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liewer laat as nooit, ek kry selde kans om te lees, sukkel met internetgeriewe.
Wat 'n pragtige gedig, ek hou veral van die kontraste wat jy skep.
9 jaar 9 maande 6 dae 17 ure oud


Dit is werklik 'n pragtige gedig oor onvoorwaardelike ouerliefde... raak my hart baie diep.
9 jaar 9 maande 2 weke 6 ure oud


Pappa s'n
Pragtig
9 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Pappa S'n
Ja hierdie ou man is ook 'n Pappa. Hy't 2 dogters en hy het sy bes probeer om 'n goeie pappa te wees. So was dit vir my lekker om hierdie huldeblyk vir 'n Pappa uit jou bekwame pen te lees. En ek kon nie help om 'n pyntjie in die hart te voel nie!
Ek se altyd vir my dogters. Daar is niks goeds daarin om blomme by die graf te gee nie. Vir my sal daardie enkele blommetjie nou baie meer beteken as 'n bos by die graf. Ek hoop jy kon vir hom daai blommetjie gee voor dit te laat was???
Groete vir jou
9 jaar 11 maande 2 weke 5 ure oud


So geweldig mooi en waar verwoord!
9 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


Mooi!
9 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


Pragtig
Dit het my nou nog meer inspirasie gegee om 'n goeie pa vir my 2 spruite te wees. Uitstekend.
9 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


Pappa s'n
Hoe mooi is die liefde tussen 'n pa en kind. Ons wat goeie pa's het is so bevoorreg, daar is so baie kindertjies wat sonder 'n pa, of nooit die voorreg sal hê om die liefde van 'n pa te ken. Baie mooi gedig.
9 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar