Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



(Geluk met pappa se verjaardag)

Hier sit ek vroeg oggend voor die rekenaar,
en ek kan net vir God dankie sê.
Want ek herleef weer goeie herrineringe,
saam met pappa,
en al was dit nie in die begin van pa se sterfte so nie,
weet ek pa was nog altyd daar.

Vandag sou pappa 46 wees,
maar u is nou in die hemel,
en engele word nie oud nie,
ek weet pa beskerm my,
daarom probeer ek leef sonder vrees.

Ek gaan nie stry nie,
ek voel definitief so bietjie emosioneel vandag.
Maar na al die aardse pyn, lyding
en probleme wat pa moes ervaar,
gun ek God se mooi Koningkryk,
Sy pragtige hemel vir pa,
maar wat ek die meeste mis, is pa se lag.

Ek het nou nie 'n mooi foto van pa
om te plaas saam hierdie gedig nie,
maar in my herrineringe dra pappa altyd 'n glimlag.
En soms as ek moedeloos voel,
dink ek daaraan,
dan gee dit my weer krag.

Want amper vier jaar terug het kanker u lewe kom neem,
toe word pappa met die ewige lewe geseën.
Daarom gun ek dit vir pa,
'n lewe sonder lyding, pyn en seer,
ja, ek gaan nie stry nie ek verlang baie na pa,
maar ek besef ook God is in beheer.

Rus sag by ons liewe Heer se voete,
Totsiens Aufwiedersehen.

Lief vir pappa onsettend baie xxx

©TDeVosBotha 2016/01/22 08H25vm



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pappa
Pragtig. Brand my oë sommer van hierdie rekenaarskerm...
3 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Pappa
Dis wondelik om net goeie herinneringe te mag hê van die een wat jy "Pappa" noem . . .

Jy is tog bevoorreg, al mis jy hom so baie.
4 jaar 2 dae 20 ure oud


Pappa
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
4 jaar 3 dae oud


Pa
Pragtig Timmie.
4 jaar 3 dae 3 ure oud


pa
Timmie, dit is nou 'n gedig uit die hart uit geskryf. Dis baie spesiaal :-)
4 jaar 3 dae 4 ure oud


Pappa
Pragtige, pragtige gedig, Timmie. Soveel deernis en liefde ...
4 jaar 3 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar