Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liefste Pa, dis weer ek en jy,
jou beeld wil heeltyd voor my oë net bly.
Ek voel verkoue en siekerig,
maar dan onthou ek Pappie, altyd sonder ‘n sug.
Môre is Lente, so spesiale dag,
verlede jaar Pa se as in my perskebloeisel-graf.
Ag Pa, ek is vanaand sommer pieperig
en as Pappie my dalk sien, wil ek net een versoekie rig -
kom gee my ‘n drukkie in my drome van slaap
en laat al die onthou-jy’s oor my hartkamers waak.
Ek mis Pa se glimlag en stille diep-kyk,
dis Lente daarbuite en my verlange is wyd!

31/8/2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pragtige, lief gedig aan jou pa!
10 jaar 7 maande 5 dae 19 ure oud


mooi ode.
mal oor>>
verlede jaar Pa se as in my perskebloeisel-graf.
10 jaar 7 maande 5 dae 21 ure oud


Pappie, dis lente
So emosievolle woorde, kan nie die trane keer, toe ek dit lees. Dit is so mooi. Hou vas aan al die mooi herinneringe, dis baie spesiaal.

As jy tydjie het lees "Voetspore in my hart" wat ek vir my pa geskryf het.

Dankie.
10 jaar 7 maande 5 dae 21 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar