Gedigte

Titel: PARADIGMA
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die idee van ons, het die paradigma van ons geword
van wat ons graag sou wou wees
maar nooit sou word

waar het ons verkeerd gegaan?

Wanneer het ons op gehou om
ongemerk die illusie te wees?

soos 'n somer somerstroom wat opdroog
slegs slik het van ons oorgebly.

ons het raaisels van onsself geword
en dinge ongesê gelaat
wat ons nooit verstaan het nie
of van mekaar misverstaan

ons het bekeer na siele van bitter stiltes

soos skaduwees wat hulself nooit openbaar
verraai die woorde ons, geamputeer op die ingewing

ons eie gevoelens
en in plaas van lente
het ons 'n somber vroeë herfs geword

en presies wanneer ons paraat probeer om aan onsself te verduidelik
aan mekaar, is ons woorde deur die vroeëre bestee

ons tong het geen speeksel oor nie
ons het alles opgebruik,selfs ons woede

dan, nes 'n onaangekondigde bries
gaan ons die vergetelheid in

ons gee toegang aan winter se bedekking
in verrottende woude
maar ons het nie saam vervaag nie

O nee, ons het net eendag wakker geword
en sonder enige diep gedagte


het ons aparte roetes geneem
en na 'n rukkie
sien ons nie meer onself op dieselfde manier nie

ook nie hoe ons wou wees
maar ook nooit sou word nie

ons het gelag oor die paradigma van onsself
asof deur die studeer van ou foto's

byna oortuig dat ons iemand anders was... of is



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Paradigma
hierdie is vir my diepseer woorde
3 jaar 10 maande 3 weke 1 dag oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar