Gedigte

Titel: Penetralia
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

’n Sagte melodie
druis tussen twee
breinlobbe
deur;
toonhoogtes van ’n
goddelike aard
ontsenu
die siel.
Uiteenlopende akkoorde
konstrueer ’n donderwolk wat
my in die
gesig van onheil
werp.

Bomenslike stemme laat
koue kettings
klingel.
’n Koning met ’n kroon vol
skalpels speel verwytende
atonale note
op die melaatse siele
van verlorenes
wat eens meer as net
die geboorte van muwwe
naglug geken het.

Dit is aan my
onbekend
hoeveel dimensies buite my
verskuif het
voordat ’n donderende
demoniese stem
alle vorms
van lewe finaal

uit-
me-
kaar-
geskeur het.

Daagliks sit ek die
gevalle melodie op
repeat sodat ’n
Babelse verwarring
weereens die are van hierdie
stowwerige landskap
vol bloed
kan pomp.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Ek hou van hierdie skitterende gedig.
4 jaar 7 maande 2 weke 2 dae oud


Penetralia
Absoluut `n gunsteling! uiters goeie beeldspraak, en defnitief een van jou bestes. Ek stem, ek sal graag `n boek wil lees, jou sielkundige rillers is ver van die cliche wat `n mens deesdae op die boek rakke vind.
4 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


die weervoorspelling
ja.
Wat is die lewe sonder musiek.

(giggle..ek't gedink dis n pisfunny reply...)

Strofe 3 en 4 is manjifiek.

dis tyd dat jy n boek skryf..n riller....
4 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


*
Vol bloed - like.
4 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar