Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 188
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 08 Feb 2016
ń kreatiewe uitlaatklep
Waar digters met goue penne
emosies soos skilderye
op blanko vel kan skep.
Hetsy dood of siekte
of ń ode oor geluk
ń traaglied oor die liefde
wat die hart se snare ruk.
Penne sonder brieke
soos die een wat Rudi ry
Gorrels en rubrieke
digterswoorde wat bevry.
Nes Anze se ou windpomp
het ons sinne ook verlep
soos ons stomme woorde
uit stille waters probeer skep.
Waar ons in Afrikaans
ons hart se taal kan praat
en woorde kaalgat tussen lyne
nog aan die siel kan raak.
Deur turbulente tye
staan WOES vrinne bymekaar
ons pik soms saam ń traantjie
en lewer kommentaar.
Ons kanaliseer ons seerkry
wég van dit wat krap
inspireer ń ander
wat op hartseer weë stap.
Hier waar die son
oor jou en my mag skyn
waar ek en jy ons inspirasie
in ń inkpot kry...
Gevoelens wat diep geraak het
kon ek vrylaat in die wind...
Soos loopdop Doep se nasaat
het ek myself op WOES kom vind.
Ek groet maar neem nie afskeid nie
ons is met ink gebind.
waar woorde uit ons penne vloei
sal ons mekaar weer vind.
Lees ander gedigte deur Loretta Szikra
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Swartberg
n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.
Al brand die kuberbymekaarkomplek ook af, sal die mense agter die woorde weer 'n eetsaal kry.
Ja, hopelik sal ink ons bymekaar kan kry!
Woes is dood, lank lewe ink!