Gedigte

Titel: Perd
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Van ‘n afstand is jy so begeerlik.
Jou vryheid maak my jaloers -
wil jou tem, in hok en besit
Op jou rug wil ek my drome vind

Neusgate groot soos jy wind op drink
Hoewe da'werend in ritmies gallop.
In my verbeeldingvlugte kan ek sien-
Hoe jy maklik in die lug kan opstyg
Op jou rug, nuwe horisone bereik

Pikswart vel wat glinster in die namiddag son.
Hings trots – nek in ’n boog gekrom.
Piering oe - donker -wat vuur spoeg –
Haastige hoewe, kap stof uit die grond
Geen toue kan jou vasbind – aan bande le
Mensreels geld nie – mens kan jou nie voor-se

Verdrae man en sy obsessie om te heers
Die brute kragte ongebalanseer
Vir jou geen - rede om te regeer
Net oeroue wette van die natuur
Geld in jou hierargie.

Jy laat my toe om jou sagte vel te vryf.
Soos ’n minaar sy liefde se lyf.
Jy dra my gewig soos die van ’n kind
Trillings van gespande spiere
Kragtig in jou gang –
Ek voel koning ,as ek oor die wereld uitkyk.
Nou wie’s meester en wie regeer ? LL



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Perd
Jou beskrywing is pragtig. Dis asof ek daar by julle staan.

Groete

Chenél
12 jaar 7 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


Perd
Lana hierdie gedig is so wonderlik
geskryf,soos slegs 'n kenner van
hierdie wonderlike dier dit sou
kon beskryf.Pragtig.
13 jaar 3 maande 2 weke 23 ure oud


Perd
Hi Lana,
Dis eintlik n bleddie wonderlike stuk wat jy hier geskryf het. Ek het bietjie by jou goed gaan blaai en daarop afgekom. Dis soos n geskenk as mens dit lees,jy voel die krag, die energie, die lewe later deur jou eie are WOED.

WONDERLIK!!!!
13 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar