Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die hitte van Natal se somer
Het ek gaan swem,
So het ek jou hart verower
Jy het my heeldag dopgehou
‘Wyl vriende jou moed inpraat

Daar’t ‘n dronkie oor my sonbrand lyf geval
Ek’t my vervies en in die swembad geduik

Jy’t vir my blommetjies op my handoek gelos
Periwinkle … geskenk aan vriende of geliefdes

Ek het verkeerdelik die dronkie bedank
Toe het jy kom erken dat dit van jou af is
Ek het lank in Engels met jou gesels
‘Wyl ek luister hoe jy my met jou vriende bespreek
Ons het almal lekker gelag
Toe jul besef dat ek jul gesprek verstaan

Ek besef toe mos nou die dag -
Dit was nie die eerste kans dat ons kon ontmoet -
Jy was ook by Ndaleni – daar het ek my swaer gegroet

En ek wonder hoekom noodlot my so uittart
Ek sweer ek sou alles gee vir ‘n weer probeer

Jy eenvoudig boerseun met Periwinkle blom
Het my hart gesteel – ek staan verstom

‘Wyl jy lê onder karoo-nag sterre
Lê ek tussen stadsliggies in die verre

Ek wil maar net sê ek mis jou
Dis al …



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar