vorm die woorde na gelang
dit word skriftelike gesange
saam met insetsels wat hang en die meervoud van verlange
na jou boorde laat my bang
ek sit in my ateljee en staar na my doek
dit is perskereen daarbuite en my hart is alweer soek
ek lê jou lyne neer in die storie van my boek
dit is perskereen daarbuite en jou oe is alweer soek
donkerbruin met spatsels van mosterd geel fluweel wat jou pupille omring en my hart se klop wegstreel
tussen skadu's ingevleg van jou ingelgde fleeur wat my troebel troebel waters toenemend laat floreer
ek staan in my ateljee en staar na my kitaar
dit is perskereen daarbuite en my hart wil nie bedaar
ek pluk my Fender snare een vir een
dit is perskereen daarbuite en jou kykers bly 'n seen
oorstromende poele is die diepte van my siel
en vir jou dank ek God altyd as ek neer gaan kniel
more is dit sondag en weer tyd vir jou besoek
skaterlag en sonskyn weer my lief het ek geboek
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Zymrly
Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe