Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Baba pienk, dogtertjie pienk, blommetjie pienk
word skielik vir my kanker pienk.
My gunsteling kleur van kleintyd
kom dra nou ’n heel ander betekenis

sy verloor vir my haar sagte sjarme
en assosieer ek nou pienk met:
hartseer, pyn en lyding
en pienk is nie meer mooi.

Maar dan kom ons getroue Jesus
en gee vir my wit: maak my rein
van alle kwaad in liggaam
dan meng Hy ’n druppel van Sy bloed daarby
en dit word pienk, my gunsteling pienk

met groot respek
dra ek elke Oktober my pienk strikkie
net hier bokant my hart vasgespeld
want dis hier waar Jesus
die kleure vir my gemeng het.

28 Okt. 2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pienk Oktober
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 8 maande 2 dae 3 ure oud


Pienk
'n Mens kan maklik 'n sekere kleur met iets onaangenaam assosieer. Gelukkig het jy daarin geslag om dit om te draai.
4 jaar 8 maande 4 dae 2 ure oud


Pienk
. . . dis pragtig en deernisvol geskryf.
4 jaar 8 maande 4 dae 13 ure oud


***
Stem saam met Neels -- baie mooi Bets.
4 jaar 8 maande 5 dae 3 ure oud


Pienk
Diep gedagtes.
4 jaar 8 maande 5 dae 8 ure oud


pienk
Een van Bets se pragtige goue juweeltjies wat sy uit haar skatkis gaan uithaal het. Pragtig Bets
4 jaar 8 maande 5 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar