Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hong Kong's biljoener
Joseph Lau
jy wat $miljoene dollar se diamante
vir jou twee dogters
(by twee vriendinne), koop
ken jy dan nie die Grootboek:
blink klippies bring geen hoop?

Want op ons Heer se dag
(en dis naby glo vir my)
as vuurkartetse die aarde
middeldeur splyt
word edelsteen en metaal
waardeloos op die strate weggesmyt -
weer in die grond teruggetrap
(vir super-rykes 'n sak-in-as-verhaal)

En dan, wanneer jou dogters smeek:
gee ons net 'n stukkie brood
gaan hulle voor jou oë
voor die flonkerende pienk ster
en blou maan
net daar
van honger dood

Ai, ai,die lewe
bly maar 'n raaisel, nie?
bring 'n gepoetsde klip
se blink aan die vinger gly
blywende geluk
vir altyd te gedy
eerder as 'n omgee-hart
wat arme siele
reg uit die hel
uitruk?

Josep, Joseph Lau .......

©Elizabeth Greef - 19/01/2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kentekenend
Dis seker kentekenend van ons tyd -- oral oor die wêreld -- hoe sommige mense in hierdie dieptes val. Aan die diere verby. Hulle verbeel hulle dat hulle opstyg, en bemerk nie eers dat hulle in die ander rigting vlieg.

En dan word hulle dog daarvoor beny!
GvT
4 jaar 1 maand 2 dae 16 ure oud


Pienk ster en blou maan
Hier gedig bevat diep gedagtes en waarskuwings vir die Mamons.
4 jaar 1 maand 2 dae 20 ure oud


Pienk ster en blou maan ........


Pragtig aangebied en stylvol in rym en woordgebruik KARMENAADJIE en 'n pragtige vermaning ook sommer vir die materialiste inlands.
(Vir my angswekkend dat die smagters na onversadigbare rykdom skynbaar min weet van God se gebod oor liefde en deel en nog minder steur aan die gelykenis van die jong ryk man wat wou opgaar, maar aan wie gesê was : "Jou dwaas..."
4 jaar 1 maand 2 dae 22 ure oud


Klippe
Soos die Bybel sê, die wat het sal nog meer kry en die wat nie het nie sal nog swaarder kry. Al die rykdom van die wêreld verseker nie die weg na die Hemel nie!!!
4 jaar 1 maand 2 dae 22 ure oud


Klippe
Ek ken nou nie dié ou nie, maar hulle sê gisteraand ook op ons TV nuus dat die 69 rykstes in die wêreld besit soveel soos helfte van die mensdom saam!

En soos jy sê "HY KOM!"

(Die ou anti-Chris hier, se nonsenspraat ten spyt!)
4 jaar 1 maand 3 dae oud


maan
Pragtig Elizabeth
4 jaar 1 maand 3 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar