Gedigte

Titel: Pienkvoet
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die twee pienk strepies sit duidelik daar
Ek is so verlig dat ek vir ‘n oomblik lank net staar
My lyf word jou eerste speelgrond
Terwyl ek stadig verander van slank na rond.

Terwyl my boepie stadig groei
Vertel jy my sommer gou waarvan jy hou
En kaalgat perkse was nie op daardie lys
Dit het jy aan my bewys

Die laaste ruk het jy so vinnig gegroei
Dit het my lyf erg vermoei
En soms het ek na ‘n lang dag se werk
Net op ‘n swaaibank gelê - half gevrek

Suigstokkies en fizzers was van jou gunsteling kos
Maar daar was tye waar ma net besluit het
“Pie, gravy & chips” – geen ander kos!

Daar was lank vir jou voorberei
Jou klerekas, speelgoed en allerlei
Het maande lank in my kamer gepronk
Voor jy uiteindelik jou intrek geneem het

My eerste woorde aan jou was
“Benjamin, God en ons het jou baie lief"”
En sowaar, jy is my hartedief

Dit voel soos net gister wat jy gebore is
Maar jy is al voorwaar ‘n tiener
En ma se grys hare kan getuig
Van al die voorspoed en teëspoed

My kind, ek’s lief vir jou
Weet, jy kan maar vertrou
Al my besluite rakende jou
Sal ek nooit berou

Die dag gaan kom wanneer jy wil nes verlaat
Ek sidder as ek dink aan daardie dag
Maar vertrou ook
Dat jy goed voorberei die lewe sal aanpak

Ek bid dat jy nederig sal bly
En nie ander hul geluk beny

Pak elke uitdaging aan wat jou pad sou kruis
Wetend dis nie ‘n doodloopstraat

Kyk die lewe vierkantig in die oë
En sou jy struikel, onthou – jou hulp kom van bo



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Pienkvoet (wat nou al mooi stewig staan)
Ag dierbaarheid, dit is pragtig :-)))
3 jaar 9 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Pienkvoet
Hoe vat jy my nou terug na gister en nou.

Hulle word hopeloos te vinnig groot.

Goed geskryf.
3 jaar 9 maande 2 weke 15 ure oud



Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar