Gedigte

Titel: PiSALiM 23
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

PiSALiM 23

Die Here is my Herder
Liefde sal my nie ontbreek nie
Hy laat jou neerlê in my drome
In die dieptes van my hart lei Hy jou in

Hy verkwik my lewe
Hy lei my in die spore van verlange
In die naam van liefde

Al gaan jy ook deur ’n dal van vertwyfeling
Moet jy geen ontrou vrees nie
Want jou liefde is met my
Jou oë en jou smile,
dié oorweldig my

Jy is só mooi in die oë van my teëstanders
Hul monde hang oop - en
My hart loop oor…

Net goedheid en geluk sal ons volg
Solank ons bymekaar is,
Maar ek sal ons onthou tot in lengte van dae

Sidney E. Cloete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Wat kan ek se - pragtig!
10 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


Hoe lieflik het jy dit nou verwoord...
Puik gedoen!
10 jaar 6 maande 3 dae 3 ure oud


Dis die mooiste gedig die...pragtig gedoen, hoop jy skryf nog.
10 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


Ps 23
dit is baie MOOI, so sag en so fluisterend teen my siel, so diep...diep.
10 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


23
Sidney, daar is geen woorde om te sê hoe verskrilik mooi hierdie gedig van jou vir my is nie. Dis skitterend eerlik, verdien 'n plek in my plakboek!!
Sien uit om weer van jou te lees.
Groete
Hanmari
13 jaar 7 maande 1 week 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar