Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Nav n hartseer brief van ‘n vrou uit ‘n wit plakkerskamp)

huis van sinkplaat en papierdun karton
koue winde sny deur murg en been
beter dae en nagte vra as ek maar kon
bid vir ʼn skuiling van sement en steen

my nie beskore my Here en my God
armoede wat wys aan klere en gesig
soos brandende kers en domme mot
my vlerke gebrand en ewig ontwrig

ʼn vars hopie van trane en sagte grond
diepe pyn van vrae in ʼn moederhart
een van vele kindergrafte hier rond
onbeskryflik seer die koue van smart

vele gesigte van menswees ontdaan
ʼn martelpad van onsekerheid te gaan
verdien ek en kinders die swaar so groot
is ons mense of skimme tot die dood

wie’t gekies in godverlate kamp te wees
geen waarde geen lewensgroen in gees
honger en dors maak geestes-oë blind
sal ons eendag nuwe lewenshoop kan vind

mamma hul sê ons is gomgat sukkel-mens
sonder skoen met stukkend-gelapte kleer
sjokoladekoek slukkie coke my kerfees-wens
hoekom ashoop-kinders weggegooi o Heer

ogies dof hare vuil kyk sy verlangend op na my
hoekom Heer hoekom moet my kind so ly
sy kon nie kies sy’t nie self daarvoor gevra
hoe lank my God kan ons kragte ons nog dra

jy wat neersien en oordeel uit jou hoogte
weet jy van hongerpyn en waterdroogte
weet jy van lewenslot se kille wreedheid
om die draai dalk jou eie struikel se byt

op my knieë voor U in stille skietgebed
sal U my swaar en pyn en traan op let
maak my nuut was my skoon o Heer
my kind van U liefde en uitkoms te leer

oranjerooi die son se laaste asemstraal
die twyfel wat bekruip en oor ons daal
die nag se hartseer en my wakker lê
mag ek more nuwe moed en hoop hê...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
jip.daar is so baie wat ons nie sien nie.So baie wat ons nie ervaar nie.So baie wat ons nie van weet nie.,...
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


als
die slag as jy in jou kar klim en jy eet nie "waarntoe nou, wat nou" nie, kom dit as 'n geweldige skok. ek beveel dit nie aan as lewensvermaak nie.
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


plakker
Goed geskryf Stefan...die emosie is goed oorgedra. Ek het al daaroor gewonder. Se nou maar ek verloor ALLES. Wat dan? Wat as jy jou kinders in 'n plakkerkamp moet laat bly? Hoe sal dit voel? En almal by die skool sal neersien op hulle...en dis niemand se skuld nie..ai
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Ano
Plakker
In al ons weelde kyk ons so maklik 'n ander se swaarkry mis. Of eintlik - of verkies om dit nie raak te sien nie.
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Plakkermens
Hartverskeurend.Maak my opnuut dankbaar vir die oorvloed wat ek het.
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


---
honger en dors maak geestes-oë blind
sal ons eendag nuwe lewenshoop kan vind [* Jy't hier darem maar meesterlik geskryf! Dit laat my om een of ander rede dink aan die woord 'oordeel'?]
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar