Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

DONKER:
Ek beklee my met donker materiale,
in my diep verlange het ek met kale
vingers my somber vliese
in fyn tekstuur geweef met stringe briese.

Tussen die weefsels van my nag
se dommel kleed rus dooie ure wat stil wag;
waai my rok teen rue wat ril
soos duisend oë wat uit skaduwees gil.

LIG:
Kyk, ek kom met ‘n swaard vol son,
my lem is geslyp met pure spoed
en ek is gebore tussen krale sterre
in gaswolke wat soos neon gloed.

Ek ontbloot jou nag, jou pante
streel ek met my strale aan die brand
tot jy deursigtig fladder in my hand
en broos breek teen die randte.

DONKER:
Ek sluip saam met die bloederige son
teen haar wangende rooi horison,
ek sleep my skanse gevlek met wolk
wat mistig om my middermaan kolk.

LIG:
Net op die skemeringsboog
waar ons rondtes ontmoet in die gloor
van my hand wat aan jou koue vingers raak,
gryp ek na jou some, en vlug jy naak.

DONKER:
Uit jou tastende greep ruk ek los,
verklaar ek jou in die duister glos
langs die helder lyne van jou magtige swaard
op die randjies van die son se wentelvaart.

LIG:
Hierdie taslose dans tussen ons natuur,
is ‘n magiese spel wat vir ewig duur,
En die ritme wat ons tyd aandui,
dis die band, dis die hart tussen jou en my.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek vind hierdie werk baie interessant

die woorde is soos 'n boks Milk Tray vol van die lekkerste Afrikaans, bv.
"Tussen die weefsels van my nag
se dommel kleed
rus dooie ure wat stil wag"

inspirerend: ek het in 'n paar van my gedigte (mees onlangs 'laatmiddag wandeling') en stories simptome van hierdie stryd bespreek, maar nog nooit die oorsaaklike soos hier nie - dalk moet ek ook probeer....
8 jaar 7 maande 1 dag 11 ure oud


Baie nice. Interessante beelde vir 'n bekende gesprek. Skitterend gedoen!
8 jaar 7 maande 1 dag 15 ure oud


stunning werk.
goeie kontraa.
besonders verwoord en uitgebeeld.
Grens aan n meesterstuk.
*************
8 jaar 7 maande 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar