Gedigte

Titel: Probleme
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met mure het ek toegebou
Alles wat seer was, die onthou
Pleister het die wonde toegemaak,
maar telkens het dit bly kraak
Smeer dit toe, probeer keer
Dit kom terug, weer en weer
Totdat dit bars en ek ineenstort
Wat het van my mure geword?

Verbysterd sit ek nou en wonder
Waarom ek gedink het ek kan daarsonder
Hulp is net `n entjie weg
Ek het gedink ek moet alleen veg
Nou is die letsels oop in die son
Kosbare genesings bron
Alleen sal ek nie weer probeer
Om my probleme te hanteer




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beautiful.
10 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


... ja mens ... sowaar wanneer 'n mens omkyk
n mens net een ry voetspore in die sand. 'n Pragtie gedig!
10 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar