Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Harts-droomskerwe,
pyn-en-hartseer se bloed-sweet-traan uitvloeisel
en alles nog , beërwe
van "liefdes" vertrap onder die skoeisel .....

Langs die lewenspad..

Algaande uitgewerp
in verrottings -sloot....
op vullisterrein en ander werwe vir skroot geplemp
wanneer saamdra- bagasie
die energieë van voortbeweging rem....

Op die lewenspad..

Ver verwyder van die landmyn-strik
waarom ons alledaags versigtig - sag trap of poog
word skrootwerwe oorvol van ou metaal en blik
ontstaan fermentasie-oorde uit ou vullisterreine ,
deurweek met loog...

Agtergelaat op die lewenspad..

Ou herinnerings-bagasie
tog ironies- tragies verwerk tot nuwe pseudo-medisyne ...
Meganismes van valse interpretasie
beskerm steeds teen seer van oud beleefde pyne...

In die voortstap op die lewenspad..

En met verdere tydsverloop
word ou geheue se land van afvalputte
Immer deur rasionalisasie her-regeer ,
In sy herhaalde "coupe de ta"- beskutte
Word ware feite omvergegooi, dan negeer...

Maar weer net vryword en vorentoe kyk op die lewenspad...

Nuwe mag van besluit
om weer in drome in te koop....
om net die gekose uit ou herinneringe te buit...
ten spyte van winde van voor...

Na die Lotsvrou terugblik op die reeds begane lewenspad..

Begaafde entepreneur
skep weer nuwe blinkmooi-juwele
In kollaborasie met sy nostalgie-direkteur ..
die eerste van vele...

Op die verdere lewenspad..

Meer herwinningsprojekte aangepak,
Uit ou koolstof -spore ,nuwe brandstofgasse ,
nuwe uitspruit van groen lote uit ou tak..
Uit byna vergane herinnerings - asse..

Steeds vorentoe op die lewenspad..

Blom-bloeisels bot tog weer
Waar ou organiese gedagte-materiaal
nie nuwe groei kan keer.......
Vreugde op groot skaal!

Wandellied - dankgesange op die lewenspad

Kuns-meesterstukke
nuut ,
uit gekose herinneringe, herrangskik , weer!
So , die bruikbare terug laat keer ....
Herwin en nuutgepoleer,Saluut!

Voort op die lewenspad..

Uit ou pyngedagte -skerwe
weer nuutgeskape mosaieke ryk in kleur....
Blink - mooi en helder , die pragtigste kaleidoskope dan verwerwe, ,
Vir die sinne 'n aangename geur..

Op Immer - veranderende lewenspad...

Hoe meer eensaam die siel wat rondswerwe,
Toenemend majestieus en skoon die werke...
hoe nader aan hierdie sterwe ,
hartsgekoesterde herinneringe se impak-merke...

Met die wenpaal in sig op die lewenspad..

Soos die uurglas dan uitloop,
onvergewensgesindheids - donker,
geleidelik almeer in die lig van nuwe groei gestroop...
die liefdesmedalje in sig wat daar voor in die pad vonkel...

Die laaste treë nog te stap op hierdie lewenspad...
Soos die pad na die ewigheid kronkel
en uiteindelik weer reguit word
na die nuwe stad..

Die wenpaal van die nuwe ewige lewenspad...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

PUINHOPE VAN DIE LEWENSPAD
Dis die uitdagings van die lewe hoe elk van ons gaan reageer om te oorleef in hierdie warboel lewe.

Goed verwoord.
5 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud


puinhope
Palet jy het my asem weg hier
5 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


Puinhope van die lewenspad
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 2 weke 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar