Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die show is oor en hulle sak die gordyn
Almal op pad huis toe, behalwe Harlekyn.
Sien, hy's die een responsible vir almal se geskater,
Maar wanneer al sy jokes op is, is hy eensaam sonder maters.

Want shame, daai smile wat hy altyd het, is maar altyd aangeverf
As dit afgewas word, is hy maar mens, 'n "rykman" wat nog swerf.
Die ligte word al afgesit en hy glip uit na sy lane;
Dis waar hy al lewenslank bly, vergete AL die maande...

Hy was nie altyd so lonely nie, hy't eintlik 'n groot familie
Maar by hulle koop hy nie gesig nie, hulle het hom nog nooit 'gesien' nie
Toe vat hy maar sy goeters en gaan bly maar op die straat
Daar't hy geleer mense laat lag, sy borrel sy enigste maat.

Maar, vanaand is hy alleen, net sy entjie en sy bier;
Sy birthday, vanaand, sal hy maar alleen moet vier.
But, is toggie so bad nie, hy suip weg al sy pyn
Hy sorg net dat hy genoeg stock het, met sy lone as Harlekyn...

Hy kyk af na die foto wat hy al jare lank in sy sak rond dra,
Hy onthou die gevoel by sy girl, toe hy uitvind hy is pa...
Om te dink hy't nog nooit eens sy laitie gesien nie;
Hy moes loop, want hy was nie goed genoeg nie, so dog sy familie.

"Die Evangelis raak alweer boring met sy gepreek hier op MY straat!"
Maar een sin vang sy aandag: "Vir als is dit nog nie te laat!"
Toe hy nadink - toe check hy - wat 'n nice present vir sy verjaarsdag
As hy nou sy girl kan opsoek, sy laitie nog kan sien vandag!...

Hy smyt toe weg sy bier en sy entjie word genip
Hy ruk homself toe reg en in sy stappie is 'n wip
Hy stap huiswaarts, vinnig, met 'n skielike nuwe hoop
So exited om daar uit te kom, vergeet om te kyk waar hy loop.

Die next moment hoor hy 'n getoet, toe hy omkyk, is dit 'n trok!
Die brieke gly en die voertuig kon nie stop!
Toe hy sy oe oopmaak, staan hy voor die 'Pearly Gates'
Nooit weer sal hy sien sy girl en kind, 'n mislukte lewe was sy fate
'N Engel kom haal hom - sy het iets op haar skoot -
...Dis sy meisie!!! EN sy laitie!!! Ewig united na hul dood!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar