Gedigte

Titel: Que Sera Sera

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O hoor jy die magtige dreuning
Bene het opgestaan

Die rooi gety het oor bene gespoel
Verswelg gekasty het bene gely
Maar bene het opgestaan
Rooi gety terug laat gaan

Maar rooi gety het weer probeer
Met hulp van oraloor

Steenkool oor bene gegooi
n Rokie trek
Bene is vasgevang
Maar nie gevrek

n Lanfer lap
n Gapend graf
Het dit die vonk gegee
Wat bene laat brand
En steenkool kan verteer...



Kommentaar

Weergawe: 1 | 1 jaar 10 maande 3 dae 16 ure 38 minute gelede gelewer


Sjoe Grootbos...

... hierdie gedig van jou het my laat regop sit waar miljuisende emosies en gedagtes my vasgevat het... laat dink het... laat wegraak het in die 'vuur' waarmee jy dit geskryf het.

Ek hou !Baie! hiervan...!

Weergawe: 1 | 1 jaar 10 maande 3 dae 13 ure 44 minute gelede gelewer

Onderwerp: Baie welkom op woes!! .


Ek hoop Warra se kommentaar antwoord jou vraag aan my Grootbos. Moenie ophou skryf nie, ek sien met verwagting uit na meer.

Weergawe: 1 | 1 jaar 10 maande 3 dae 9 ure 38 minute gelede gelewer


lmga ek verstaan bogerol...

Weergawe: 1 | 1 jaar 10 maande 3 dae 2 ure 30 minute gelede gelewer


die gebruik van simboliek en metafore is uitsonderlik gedoen in hierdie gedig Grootbos! Uitstekend geskryf, doen so voort ek sien uit om nog van jou werk te lees!

Weergawe: 1 | 1 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 13 ure 59 minute gelede gelewer


goeie skryfwerk, welkom op woes!

Weergawe: 1 | 1 jaar 8 maande 1 week 12 ure 23 minute gelede gelewer


Jy mag maar skryf! sien uit na nog!

Weergawe: 1 | 1 jaar 8 maande 6 dae 8 ure 19 minute gelede gelewer


Jy skryf meesterlik! Ek sien ook uit na vele meer!


Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar