Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



In die jaar 2008 geskryf

Hulle sê reënboog nasie
twintig agt nie treine in stasie
paaie reeds oorvol opgeblok
lughawe gevaarlik mense te lok
nie praat van publieke vervoer
mense willie gaan met vakansie
huis inbraak en paaie sien mens nie voor kans nie
restaurante sal nie mense kan voer
paviljoene kom nie klaar nie dis net stakings en sloer

Reënboog van die nasie
Purper staan vir verkrag aangerand vermoor
rooi bloed van onskuldiges
blou demokrasie wat verflou
geel ANC toi, toi danse
groen bedrog en korrupsie
wit regstel aksie.

Nogtans lief ek die land
wil vat geliefdes hand
bou spesiale band
saam stap deur die land
hand aan hand deur land wat brand

Hier gebore hier sal ek sterf
daar iets is wat iemand kan erf
laat dit wees voor ek sterf
laat dit liefde wees vererf aan medemens
voordat ek afgekap word met sens


In die jaar 2015 geskryf

Hulle sê reënboog nasie
twintig vyftien bedrog treine te groot vir stasie
Eskom krag te min geen geld kragstasie te bou
geld vir N’kandla geboue gehou
Malema maak sirkus parlement
Zuma betaal terug N’kandla elke sent

paviljoene gekos miljoene
nou studente sonder kos en skoene
skree monuments must fall
fees must fall
Afrikaans must fall
Zuma must fall
please help you all
Zuma said ANC first of all

what happened to Mandela’s
first love ...love...love for country, people and all

Zuma said democracy means
please friends help yourselves to all



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

REëNBOOG NASIE

Pittig en tog volbare ironie is my aanvoel van hierdie prontuit sosiale kommentaar en die kommentare daarop. Welgedaan!
(Neels,jy is 'n man wat 'n spyker sekuur slaan man. Maar nou lyk dit mos vir my dat dit narre ANC vermaak is want deur die stembus voer hulle sommer hordes wat amper beter as Zoemie is in... )
4 jaar 1 week 2 dae 5 ure oud


reenboog nasie
jy het hierdie verval van ons pragtige land puik beskryf in 2008 3n ook in 2015!
4 jaar 2 weke 10 ure oud


nasie
Zuma is die grootste politieke nar van alle tye
4 jaar 2 weke 19 ure oud


nasie
Goeie sosiale kommentaar, schatz. Dis altyd die probleem met politici, lyk dit my. Hulle gee meer vir hulle eie sakke om as vir die welstand van die land.
4 jaar 2 weke 1 dag 3 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar