Gedigte

Titel: Refleksie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Windverwaaid dans my hart
teater in sy eie maskerbal
duskant 'n reënboog waar jy dalk wag
by ‘n "wishing well" in tyd

Jou refleksie spieëlbeeld
in my miskien-droom
van jou -

waar jy kaalvoet loop
deur gange en kamers van my verlange
waar my hart
eens heel was

wind donder en pols vanaand
meer verwoed as gisteraand
en ek kan myself nie help nie
want die sleutel tot my hart
lê iewers verlore
in refleksies van ou gister verlange.

BennyB
©02/07/2011 Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Refleksie
Pragtig Benny!
8 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


....
Jou slot is mind blowing beautiful!
8 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


---
Geniet altyd jou mooi skryfsels!
8 jaar 10 maande 4 weke 3 ure oud


Refleksie
BennyB, hierdie is 'n besonderse vers van jou, die emosie en beelde is tasbaar blywend. Goed vasgepen!
8 jaar 10 maande 4 weke 15 ure oud


)
mal hieroor.
8 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar