Gedigte

Titel: Renoster
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

jou rooibruin vel blink in môreson
plooie elkeen in sy eie vorm
oor jou logge liggaam gerangskik
onder opgekrulde stert
vertoon jou blink vet boude

rustig wei jy aan kos geskenk deur natuur
jou liggaam tril van puur plesier
in oggendbriesie
tel jy jou kop op om vars lug in te asem
spits jou ore, en draai jou kop

stadig begin jy vorentoe beweeg
statig soos ‘n koning wat sy omgewing bespied
tree vir tree stap jy oor veld
laat sak jou groot kop nader aan grond
onbewus van moontlike onheil om jou

jy gaan staan stil
druk jou een horing speels tussen takke van ‘n doringboom
jou grootste vriend op aarde
kom sit op jou rug, ‘n renoster voël
om jou grote Renoster liggaam skoon en gesond te hou

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Renoster
. . . mens kan nie dink dat daar rampokkers is wat hierdie pragdiere nou wil uitroei nie!

(*renostervoël)
4 jaar 9 maande 1 week 2 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar