Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

’n Verkrampte gedagte vestig hom
hier duskant die leemte waarin
ek as kind telkemale
gesweef het. Tydens huisgodsdiens
het ek die staar gehad van ’n klipdemoon wat
in waters waar rus is, my siel
ontlas.

Op die tafelblad het soveel gebeur – daar was
bloed, ’n effense pyn
en baie trane by betrokke.
Die mat was soms ook ’n opsie. Maar die kas
was die beste proposisie om goed teen
te gooi.

Dit is juis dan wanneer die verkrampte
gedagte verdriedubbel en sondes
afskei wat testosteroon soos ’n babatjie laat lyk.
Jou gedagtes spat in miljarde stukkies
met soveel skerp punte dat jou oogballe ver verby
blindheid
skiet.

Wanneer die waters opdroog, die siel
verontwaardig oor lyke huppel en jou hande
doelloos in die sandput grawe,
staan die ou vrou met die klokkie in die hand en
’n doodskis onder haar arm.



© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Baie interessante stuk hierdie.
5 jaar 2 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


resep
hierdie donker gedig skree ten hemele.. mens moet dalk die klipdemoon begin aanspreek sodat daar rustigheid kan kom.....
5 jaar 2 maande 1 week 3 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar