Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom moet daar grense wees ?
Kan almal nie net besef
ons moes mekaar in elk geval nooit kaal sien ,
en net weer ons oë toemaak nie ? .
Hoekom moet daar ryk of arm wees ? .
Wil almal nie net verstaan
dat bedelaar en Job
op dieselfde ashoop geskrop
het buite die Paradys nie ? .
Die gerubs se swaarde kap
robyn en riool ewe middeldeur .

Ons is almal een en dieselfde asblik volk ,
niks beter , en niks slegter ,
niks meer , en niks niks minder
as gelyk nie .
Dieselfde gemors uit die Ooste
kom herwin uit die Weste ,
en dieselfde gemors in die Weste
kom weggegooi uit die Ooste .

Ek wil nie rykdom of armoede hê nie ,
net die wysheid om die verskil te ken ,
en die krag om gelukkig te wees ,
en die gemoedsrus om te aanvaar
dat altwee skuld het ,
en albei die kennis van goed en kwaad
soms misbruik , en die hoogmoedige mammon vra om ons te red
as ons die nederige God haat
omdat ons niks , en nie oniks aan het nie .

Adelik of agterlik ,
Sultan of straattroebadoer ,
Prins of papierbed stommerik ,
Hertogin of hoer ,
Die dood se sekel skeur
Geldkleed en goiïngsak gelyk middeldeur
terwyl die ryk gees jammerlik toekyk
hoe die arm gees skielik ryk lyk .

Daar is goeie ryk mense ,
en daar is slegte arm mense ,
die een laat my verstaan hoekom is hy ryk ,
en die ander hoekom hy arm is .
Miskien is dit die wysheid
om die verskil te ken
wat my krag gee
om gelukkig te wees ,
en die gemoedsrus dat
soos die goeie arm mens het
die slegte ryk mens ook skuld

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Robyn en Riool
Baie dankie vir die saamlees dit word opreg wardeer
4 jaar 9 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


***
Fantastiese beskrywings en beelde
4 jaar 10 maande 1 week 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar