Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my oë volg jou grasieuse beweging in die lug
met ‘n wye draai kom sit jy op ‘n tak
jou rooi bruin vlerke
blink rooi in die son

jou oë rol in hul kaste
op soek na iets om te eet
skielik kom jou kykyers tot stilstand
ek kan sien jou oë hou my dop

wonder jy dalk of ek leef
of ek jou goedgesind is
of jou dalk gaan vang

stip staar ons mekaar aan
wag vir die een wat eerste
gaan beweeg
jou liggaampie begin tril van spanning

jou vlerke word wyd oopgesprei
statig neem hul jou die lug in.
weg van jou tak
ver van my

in die vinnige beweging
gee jy vir jou maat
die Roep van die Hadida

© ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hadida
Dankie dat ek saam met jou kon sit en kyk.
5 jaar 4 maande 1 dag 13 ure oud


hadida
ek ry gereeld besoek van hulle in my groentetuin. wat altyd vir my opmerklik is hoe versigtig hulle trap om nie die plantjies raak te trap terwyl hulle hulle lang snawels in die grond boor nie
5 jaar 4 maande 2 dae oud


Skree
Ja die skree van die voëls is vir my ook een te veel, maar as ek hulle van naby sien wei, wens ek ook ek kan aan hulle vat . . .
5 jaar 4 maande 2 dae 11 ure oud


Hadida
pragtige woordskildery!!! mens sien die hele prentjie voor jou oe afspeel!
5 jaar 4 maande 3 dae 11 ure oud


hadida
Ek persoonlik verpes die geskree maar jy het dit sag pragtig saamgevat. Knap gedaan
5 jaar 4 maande 3 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar