dryf gister se koeverte
in gedagtes op water
dobber dobber
na wie weet waarheen
Tot ver in die blou
word grys, gryser en grou
dans oor die deinende see
oor my
in my
deur my
My asem rimpel
die branders raas
rolmaal golwe in my hart
en kring stiltes
in my kop
In die laaste skeemring
van my dink
dryf in bleekblou vlekke
ek en jy se liefde
reeds lankal verby
Lees ander gedigte deur Suzette Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur borrels
ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart