Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Misterieus

Teen
die donkernagruite
Trek die sneeuvlokke
nat strepe
teen die ruite.

Grou en grys
lyk die nag,
geen sterreprag.

Langs my sit sy
asemrowend mooi
spierwit rok
en lippe rooi getooi.

Rooi kunsblom
in haar blonde hare
wat golwend
blinkend
satynsag
in krulle
op haar skouers neertuimel.

Kaggelvuurvlamme
se lig teen die mure
verdryf die koue
in die nagure.

Vrolik
dansend
die lig oor haar hare
laat die bloed
jaag deur my are.

Haar lippe lokkend
myne smagtend na hare
Sy bied hulle vir my aan
dis joune ...

Warm en soet
proe dit wanneer
ons lippe ontmoet
in passie
wat versnel en tyd nie laat tel.

In die agtergrond
die strelende musiek
vorm aan die atmosfeer
‘n eie mistiek.

Wanneer lippe wegbreek
en sy in my oë kyk
weet ons albei
die nag gaan te kort wees om
aan die ontluikende liefde
reg te laat geskied.

Dartelend vlieg sy op
duiweltjies dansend in haar oë
gryp my hand
en trek my op
om saam met haar op musiek
weg te sweef.

Laggend sak ons later neer
om honger lippe te laat ontmoet
jagende bloed deur die are
emosies wat versnel ...
weet ons dat ons
bymekaar hoort.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Aand
Meegevoer deur jou gedig. Baie mooi!
2 jaar 4 maande 3 weke 18 ure oud


Aand
Sjo, dis pragtig gedoen! BRAVO!
2 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Romantiese Wintersaand
Vir my beeld jy die verliefdheid en jong liefde so mooi uit. Eers net die kyk na haar in 'n witrok so asemrowend mooi. Dan die sien van'n rooi kunsblom en rooi lippe wat nader lok en daardie soen en diep in mekaar se oe kyk.Jou gedig het by my ook 'n saadjie kom saai om 'n liedesgedig te skryf.
2 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


Romantiese wintersaand
Hehe...en siedaar, daar doen jy dit sowaar, en baie beter as wat ek verwag het :) Nou is ek baie bly en het jou uitgedaag om 'n gedig te skryf. En kyk net al die goeie kommentare op jou eerste probeerslag :) nee wat vriend, nou is jy in vir 'n ding, en kan beslis digter ook angter jou skrywersnaam voeg. Hierdie is bietjie lank, maar baie goed verwoord, doen so voort :)
2 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


winteraand
wow en hier word ons top skrywer n top digter!!!! absoluut puik fepen Neels.. ek sien sommer uit na nog baie gedigte uit jou pen.... 10/10!!!!!
2 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Romanties
Wow Volpunte vir die ene. Wys jou net dat 'n bydrae die regte impak kan maak sonder om dit onder ouderdomsbeperking te plaas. Hierdie is uitsonderlik neergepen.
2 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


Romanties
wow Neels, jou ou blikskottel, vir wat het jy nou die talent van jou so weggesteek. Dis n baiieee lekkkker gedig die, 3 hoeras vir die liefde.
2 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


ROMANTIESE WINTERSAAND
Baie goed en jy kan maar gerus voor woeker met jou talent.
2 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


Winter ...
die winter toor met julle né? :)
2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae oud


***
Neels, jy's 'n doring met dié gedig -- baie romanties en goeie atmosfeer geskep.

2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


Winter
"Love is in the air" al is dit winters lug wonder ek wat gaan gebeur as die somers gedigte aanbreek. Ha ha Hou so aan.
2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


winter
ja...Neels, jy moet net aanhou. Goeie eerste poging..
2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


gedig
Dis werklik 'n baie romantiese gedig en ek is baie bly jy het dit geskryf.
Nou wag ek vir nog een.
(en ek't regtig nie baie gedoen nie maar dit was 'n plesier!)
2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Wintersaand
Vir 'n eerste poging het jy baie goed gedoen. Hou so aan.
2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


ROMANTISE WINTERSAAD
ek is en was nog nooit n digter nie maar op Driejie an Anria se aandrang het ek ook probeer. Dankie Anria vir jou helpende hand in hierdie poging
2 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar