Gedigte

Titel: Rooi mier
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sit jy ooit stil rooi mier?
As ek maar hoor was jy weer hier.
Jy werk so hard
Wanneer kry jy tyd vir ‘n bietjie plesier?

Voor dagbreek is jy al aan die gang
Probeer jy verlore tyd êrens vang?
En snags wanneer die sterre al lankal hang
Kruip jy weer in – maak iets jou bang?

Heel dag deur is jy besig om te jaag
Wil jy nie maar ‘n kans op liefde waag?

Wie gaan op jou sterfbed jou hand vashou?
Rooi mier, as jy niemand weer wil vertrou
Gaan jy sterf ‘n eensame ou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

TK
Biologie
Dankie Toom, en baie geluk met die verjaarsdag. Ek was ongelukkig nie dapper genoeg om biologie tot in matriek na te volg nie. Maar ek meen die skool was gelukkig dat ek nie die Wetenskap klas (so per ongeluk) met my eksperimente laat ontplof het nie.
4 jaar 10 maande 2 dae 14 ure oud


Biologie?
Rooimiere kom tot stilstand wanneer hulle in die hakskeen byt van 'n prins met violetkleurige gewand, 'n swaard uit edelstaal en 'n hunkering na heuningkoek met bloubeergeurige slagroom op.
Dan gaan die arme prins hel deurleef die res van sy lewe.
Meen ek, altans.
Maar beskryf het jy dit baie goed.
GvT
4 jaar 10 maande 2 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar