Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tien rooi rose
gee ek jou
Vir jare getrou
Tienduisend rose
skuld ek, vrou
vir liefde van jou
Tien miljoen rose
wys ek jou
my lieflike vrou
Weet dat ek van jou hou
en aan jou sal bly getrou

Geen getal rose
kan ek jou mee betaal
Net maar liefdes rose
wat in my kop maal
Tien rooi rose
‘n rose liefdes maal
Tien duisend rose
vir getrouheid... spreektaal
Tien miljoen rose
my getrouheid.. op simboliese skaal.

Rooi rose
alles maar net liefdes taal
Bloed rooi rose
waarby ons aansit vir ‘n feesmaal
van tien biljoen rose
waarmee ons hou die bruilofsmaal
Ons bou ons tuin van rose
Rose vol dorings blare geur en kleur
wat ons dra deur die lewe se fleur
Dorings gee pyn
Geur is soos goeie wyn
Kleur vat weg die pyn
laat die lewens vuur helder skyn
Dankie my bloedrooi roos
vir lewe, sê ek en my kroos
Jy bly my vir my en kroos
die enigste bloedrooi roos



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar