Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

elke spier in jou liggaam saamgetrek
trillend onder jou rooibruin pels
blink jou oë in die oggendson
grinnik jy van opgewondenheid

‘n klok gaan af
hekke val gelyk oop
jou styfgespande liggaam spring uit die hok
snel beweeg jy jou baan in

galloppende perdepote dra jou oor die baan
jou asemhaling versnel soos jou pas
op jou rooibruin pels begin sweetdruppels blink
jou spiere tril soos jou liggaam versnel

jy bondel in die middel van ‘n groep
met drif beur jy jou pad oop vorentoe
voor jou weet jy lê die eindstreep
daar wag ‘n beloning op jou

jou treë rek, beweeg snel vorentoe
‘n karwats houtjie laat jou vinniger hardloop
dan word die toom styfgetrek
jy gaan oor na gallop

jou rooibruin pels blink in die son
sweet loop van jou nek af
trots hou jou eienaar sy klein handjie uit na jou
dankbaar eis sy rooibruin Vos sy beloning op





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rooibruin Vos

As leser is ek geregtig om te interpreteer (dalk verplig!)en ek belewe soos deur sielkundige persoonlikheids-onledingskaarte die 'vos' en die 'vos'. Die een synde grypende hande na die 'prys' en die ander die geslependheid om te roem oor ander se afrigting. Beide dus nie oor die vermoe van die perd nie, maar die geslependheid van 'n vos (Jakkals.)

"'n Besonderse werkie!
6 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Mooi
Die gedig versnel saam met die perd. Lekker gelees, dankie.
6 jaar 10 maande 3 dae 1 uur oud


Toepaslik
Baie mooi beskrywend en ek lees ook 'n lewensles hierin.
6 jaar 10 maande 4 dae 7 ure oud


Rooibruin Vos
Pragtig beskrywend neergepen, een van jou bestes.
6 jaar 10 maande 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar