Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

elke spier in jou liggaam saamgetrek
trillend onder jou rooibruin pels
blink jou oë in die oggendson
grinnik jy van opgewondenheid

‘n klok gaan af
hekke val gelyk oop
jou styfgespande liggaam spring uit die hok
snel beweeg jy jou baan in

galloppende perdepote dra jou oor die baan
jou asemhaling versnel soos jou pas
op jou rooibruin pels begin sweetdruppels blink
jou spiere tril soos jou liggaam versnel

jy bondel in die middel van ‘n groep
met drif beur jy jou pad oop vorentoe
voor jou weet jy lê die eindstreep
daar wag ‘n beloning op jou

jou treë rek, beweeg snel vorentoe
‘n karwats houtjie laat jou vinniger hardloop
dan word die toom styfgetrek
jy gaan oor na gallop

jou rooibruin pels blink in die son
sweet loop van jou nek af
trots hou jou eienaar sy klein handjie uit na jou
dankbaar eis sy rooibruin Vos sy beloning op

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vos
Wanneer hardloop die perd weer dat ek kan wed? sjoe ans dit is goed beskryf
4 jaar 11 maande 1 week 7 ure oud


Vos
. . . lyk my dis 'n wenner dié rooibruin vos!
4 jaar 11 maande 1 week 8 ure oud


Rooibruin Vos
So beur elk ook maar vorentoe in die wedloop van die lewe vir daardie klein beloninkie.
4 jaar 11 maande 1 week 16 ure oud


Vos
Jislaaik, dit het gevoel of ek saam jaag! Puik gedoen, Ans!!!
4 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


Vos
Weklik 'n belewenis om te sien.
Ek was jare gelede in die Kaap by 'n resies, en dit is soos Evelyn sê.
4 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


vos
Dis so mooi Ans. Dis regtig met trots geskryf en ek kry die gevoel dat jy die joggie is. Dis pragtig hoor.
4 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


Rooibruin vos
sjoe klink soos die Durban July!! Jy het elke oomblik vasgevang in hierdie puik gedig!
4 jaar 11 maande 1 week 19 ure oud


vos
Ek was al in Durban by so 'n resies en kon letterlik die vloeistof in hulle buik hoor skommel soos hulle hardloop. Dis 'n belewenis. Mooi gepen.
4 jaar 11 maande 1 week 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar