Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rookmis hang laag oor die stad
Omvou dit soos ‘n groot kombers
Soos miere hardloop voor ‘n reën
Hardloop motors na die middestad
Miere is slim hul verkeer loop seepglad
Mens verkeer is dom dit steek op die pad
Of jaag by mekaar verby in dolle vaart
Dis mos alles in die mens se aard
Ek voel soos ‘n verlore drenkeling
In ‘n rivier in vloed en ek die enkeling
Wat alleen spartel na die kant
Wat soek na die rivier se rand
Maar geruk word na die maalkolk
Van die stad se rookmis wolk.

Ek stuur my MBW na die Klein Karoo
Want dit is waarna ek verlang, kan jy glo
Die skoon vars lug in my longe te trek
Die vlaktes voor my oog te sien uitstrek
Die familieplaas is daar lankal nie meer
Nog net die hunkering en hart se seer
Met my kamera neem ek fotos oral oor
Van die kliprantjies met vlaktes voor
Van die eensame lapkruis arend vlug
Wat sweef in die skoon blou karoo lug
Van vetplantjies tussen klip vasgevang
Ek neem fotos van alles waarna ek verlang
Ek plak die fotos op die BMW se dashboard
Nou verander ek hom in ‘n karoo Ford

Ek kan nou weer na die stad ry
En daar soos ‘n mens mier bly
Want ek het nou ‘n BMW - Ford
Met mooi fotos van die kleinkaroo
Op my BMW - Ford se dashboard vas gegloo
As die verkeer die BMW tot stilstand ruk
Kyk ek fotos op my Ford dashboard en sluk
Ja sluk, die knop in my keel skoon weg
Want dit gaan tog nie regtig so sleg
As ek karoo fotos het om na te kyk
Laat dit my gemoed voel skatryk




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rook
Jou nou eers raakgelees. Hierdie vertel 'n diep(er) storie.
8 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud



Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar