Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

toeval is 'n afraaipad
skyn die maanskyn sag
wat ruik so soet
is dit rose
in die nag

toe die wolke oorsteek
ligtend en polsend
staan jy daar langs
die kruispad
met 'n snoeiskӗr
in jou hand

kyk ek weg na
die anderkant
want wie snoei
rose in die nag

toeval is 'n afdraaipad
hoe lekker sag
die koel windjie
wat oor die landjie speel

maar wie snoei
rose in die nag
waar die veld slaap
die maan dof,
weggesink
nie meer blink



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rose in die nag
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 5 dae 19 ure oud


Rose
Toeval is beslis n afraaipad. Ek glo nie meer daarin nie, maar geluk ja.
Baie interesant.
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


rose in die nag
Ek glo mos dis net skelms wat in die nag loop, dwaal. Mag hy dalk jou geluk kom steel.
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


rose
wie sny rose in die nag. soos Casper dit stel n baie iteresante gedig
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


Rose in die nag
Ek wonder nogal baie of toeval en geluk dieselfde ding is. Ek wonder of daar ooit so iets bestaan. Interesante gedig
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar