Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe gebeur dit dat,
soos koue reën oor skurwe koppe,
jy oor my hart se harde hellings
uitsak, stadig begin opdam en vloei?

Hoe gebeur dit dat,
soos uintjies en wilgers se wortels,
jy in al my krake en holtes
vlak sak om dieper te dring?

Hoe gebeur dit dat,
soos laaste saad aan some,
die berg al witter aan my kleef
in geduldige wag op warmer dae?

Populiere verstrak tot takke wat luister
waar die seisoen in sandsteen swyg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Plek
'n Voorreg om jou prag-gedig in die tema te geniet! Baie dankie!!
3 jaar 5 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


ROSENDAL: WINTER
Uitmuntend verwoord jy hierdie plekke wat deels ook maar in die mens se lewe wil kom anker
3 jaar 5 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


Hoe gebeur dit?
Dat jy woorde so goed kan neersit?
3 jaar 5 maande 2 weke 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar