Gedigte

Bladsye:
Titel: Rosine
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


“Hoe gaan dit vandag met Meneer?”
vra sy en haar bruin hand vlerk oor
my Chrisjantjie se skouer
Hy kyk op na haar, sy oë helderblou
“Mevrou”, sê sy, “jy moet sterk wees,
want dis wat die Here van ons vra”

ek dink ek begin verstaan wat sy bedoel het
daardie dag in die Onkologie afdeling
waar almal wag om geroep te word
en sy soos ‘n engel wonderwoorde,
koffie en tee verniet uitdeel

ek dink ek begin so ‘n klein bietjie begryp
vandat ek na die groter prentjie kyk



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rosine
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 8 maande 5 dae 16 ure oud


Rosine
Net so, met een lees, tref die emosie mens vol in die gesig. Goed gedoen. Die slot is inspirerend.
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


Z
So is daar mense-Engele wat mens bemoedig met 'vlerk hande en gratis koffie en tee en woorde van bemoediging'
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Rosine
Na die skok en hartseer kom n mens miskien deur tot die groter beeld van kanker en vind mens n weg om verby al die hoekoms en waaroms te beweeg.
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


die weervoorspelling
ek hou van jou slot(som)
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

    deur stefan s

    Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar