Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

teen geraas en gedruis van lewe omheen
is skaars hoorbaar rou snikke van een
wat net maar vrede, geluk, liefde verlang
wat met krampend hand en bewend been
aan steil gladde kranse van die lewe hang

vingers wat blou krampagtig klou en vra
hoor jy eens sielsgenoot waar jy jou bevind
my woordloos uitroep deur stomme pyn gedra
sien jy my swaar, my seer deur trane verblind
my hart geskeur in vlees en bloed roep om gena’

’n stille roep van n eensaam diep-geknelde siel
deur verlange verweer, verroes, verniel
sielsoekend na jou met stem in weemoed gesang
in spinnerak gewewe soos n muggie vasgevang

jy is so vêr, so vêr deur newels van werklikheid
van my verwyder deur klowe se afgronde
wat tussen ons staan en my al meer verdwerg
wat gaan hierdie klowe van onoorbrugbare tyd
van my hoop, my liefde, ons twyfeltoekoms verg?

kan jy met jou waterpoel oë dalk nader
nog nader aan die verlangend ek kom
jy’s vreemd tog vir my gegee deur Hemelse Vader
dat jou skoonheid, jou varsheid, jou totale som
ontvou soos sonneblom in die vroeë oggendson

ek wil jou roep, jou raak, jou ruik as ek net kon!
maar sterk en hoog en wyd voor my staan
die wreedheid van werklikheid en dit gaan
steeds nie by my verby nie en mag God gee
die lewe tot sterwe kom tree vir tree

teen geraas en gedruis van lewe omheen
is skaars hoorbaar rou snikke van een
wat net maar vrede, geluk, liefde verlang
maar steeds net leë sakke vol vergeefs ontvang…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Snikke
Hierdie is voortreflik neergepen.
4 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar