Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 124
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 19 Oct 2015
Teen die diamantkus rus 'n skeepswrak in 'n doodskleed van roes
swartmossel en groen seewier weelderig om hom knoes
bruin-swart geroeste ribbes steek soos vingers
in die Weskus sand
sedert 1945 se kant
die verwronge geroeste staal
vertel die see se geweldsverhaal
van 'n besope skeepskaptein
wat slingerend na sy kajuit verdwyn
seeman jy's ver van jou huis
kompas wat vergeefs die grade wys
donderende branders wat staal en hout vervleg
te laat beur jy van die ruwe rotspunte weg
teen magtige waterkrag swem twee met ‘n tou
om ander en hul eie lewe te behou
in witskuim water het die see een siel geëis
die wrak getuig om die gevolge van dade te bewys
die see het jou geoes
Aristea rus in roes
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Maangodin
Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.