Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



die trein se fluit laat ore tuit

dit stoom 'n wolk en gee 'n blaf

die mense wuif by vensters uit –

klik-klik draf hy die myle kaf


*


mylpale op die lewenspoor ...

by één het ek my jeug verloor



Vic Viviers 8 Junie 2014

Na aanleiding van Neels Claasen se nostalgiese herinneringe van die stoomtrein era.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

......
Weti wat nou gebeur het nie! Wou nog se: en so het die trein ook sy plek verloor.
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Trein
Puik vers Vic! En so het ons almal iewers op'n punt of plek ons jeug vir volwassenheid ingeruil. Daai skets is wonderlik en so he
5 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Trein
Lekker versie, Vic, het dit geniet.
5 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud


Iets oor die prentjie...
Die skets het ek met die muis gedoen in 1995 -- die uitsig vanaf ons vakansiehuis [waar ons nou bly] toe die toeriste-stoomtrein nog elke dag hier verby gekom het. Die spoor is erg beskadig in die vloede van 'n paar jaar gelede en is nie weer herstel nie. Dit was altyd so lekker om die trein te hoor fluit en die mense te sien waai. So jammer dis verby...
5 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud


Mooi geskryf ....
Hou veral van die laaste 2 reels.
5 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


S t o o m t r e i n


..."mylpale op die lewenspoor ...

by één het ek my jeug verloor"

Dié nagedagtenis is meer as 'n aanlasting... Dit verklaar die siel van jou kwatryn!

Baie geniet en oor en weer; oor en oor gelees. Sal nog vorentoe weer!
Dankie Vicman.
5 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


stoom
N Puik gedig, ek is mal hieroor, pragtig.
5 jaar 9 maande 4 weke 6 ure oud


stoom
haai Vic hierdie een was seker vir my bedoel met al my liefde vir treine
5 jaar 9 maande 4 weke 8 ure oud


stoom
Ja...Vic, jy stoom net voort. Vir my is hierdie gedig sommer baie mooi :-)
5 jaar 9 maande 4 weke 12 ure oud


Trein
Ag hoe heerlik, wil ook graag saam ry Vic, maar wil net nie my jeug op die trein verloor nie, he-he!
5 jaar 9 maande 4 weke 13 ure oud


die weervoorspeling
jip..ons mis die tjoek-tjoek geluid...
5 jaar 9 maande 4 weke 13 ure oud


Jeug verloor?
Neewat, ek glo dit glad nie! Jou werk bly vars en jonk en móói!
5 jaar 9 maande 4 weke 14 ure oud


.
Mooi vloei, pragtige skets. Ek is seker Neels gaan dit waardeer.
5 jaar 9 maande 4 weke 15 ure oud


Stoomtrein
1. Jy mag maar verse skryf.

2. Ek het my kristalbal nader getrek en daarin gekyk en 'n prentjie gesien

Die prentjie van my nege jaar terug na 'n netjiese geordende kantoor in die gebou van Price Waterhouse Coopers.
Dit is 'n Baas se kantoor.
Die Baas is in die kantoor
Maar die Baas is 'n regte Baas
Hy kan sy werkers - die ander boekhouers tot stilte toe laat werk
Want
Hy die Baas, teken prentjies in vrede.

Stry dat my Kristalbal verkeerd kyk!
5 jaar 9 maande 4 weke 15 ure oud


stoomtrein
mooi gepen en ook n prag skets Vic
5 jaar 9 maande 4 weke 16 ure oud


Ano
Stoom
Soms kan ek nog 'n stoomlokomotief in die stil nag hoor. Dit bly maar 'n pragtige klank.
5 jaar 9 maande 4 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar