Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

saam met jou
sou ek om die maan kon vlieg
vir jou sterre pluk
uit die galatika

saam met jou
sou ek die tango kon dans
oor die honderduisend ligjare
van die melkweg

saam met jou
sou ek kon sing van die liefde
in ‘n nagmars
saam met die Rooi Dwerge

saam met jou
sou ek die geheim wou oopvlek
oor verblinde ligtende voorwerpe
van die Kwasars

saam met jou
sou ek op die Arendsvlerk
onslae kon raak
van middernagtelike koue

saam met jou
sou ek vir altyd
wou gaan aftree
op die aandster se rug


©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

saam met jou
Ag dit klink al te lekker.
5 jaar 10 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


Saam
Lekker om weer ietsie van jou te lees. Wie is daai gelukkige ou?
5 jaar 10 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


saam met jou
Wonderlik om al hierdie avonture saam te mag beleef en droom. Knap gedaan.
5 jaar 10 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


saam met jou
Ai Ans ons hoor heeltemal te min van jou .. wat n prag gedig!!!! elke strofe is absoluut puik verwoord
5 jaar 10 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Ano
Saam
Elke persoon behoort so 'n besonderse mens in sy lewe te he.
5 jaar 10 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


***
Die liefde darem ... :).
5 jaar 10 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Saam met jou

Met 'n gewillige wederhelf is niks onmoontlik.
5 jaar 10 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


saam met jou
prasgtige werk Ans. Goed om weer van jou te hoor
5 jaar 10 maande 2 weke 2 ure oud


saam met jou
I know the feeling .. .. ..
5 jaar 10 maande 2 weke 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar