Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

saam met jou
sou ek om die maan kon vlieg
vir jou sterre pluk
uit die galatika

saam met jou
sou ek die tango kon dans
oor ‘n honderduisend ligjare
van die melkweg

saam met jou
sou ek kon sing van liefde
in ‘n nagmars
saam met die rooi dwerge

saam met jou
sou ek die geheim wou oopvlek
oor verblinde ligtende voorwerpe
van die kwasars

saam met jou
sou ek op arendsvlerke
ontslae kon raak
van middernagtelike kou

saam met jou
sou ek vir altyd
wou gaan aftree
op die aandster se rug

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Saam met jou . . .
op die aandster se rug . . . dis darem 'n heerlike droom!
5 jaar 1 maand 1 week 1 dag 22 ure oud


Saam
Gelukkig is ons wat die regte een het, saam met wie....
5 jaar 1 maand 1 week 2 dae 5 ure oud


*
Besonder!
Elke begin is perfek; saam met jou...
5 jaar 1 maand 1 week 2 dae 23 ure oud


saam met jou
hoe lekker lees jou gedig. ag hoe jammer ook dat saam met jou bloot net n wens is,

aftree op die aandster se rug, klink hemels.
5 jaar 1 maand 1 week 6 dae 15 ure oud


Saam met jou
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Buitenste ruimte projek
5 jaar 1 maand 2 weke 6 ure oud


saam
Staande applous jy het jouself hier oortref. Pragtig gepen.
5 jaar 1 maand 2 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar