Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vir Juan - 'n belofte

My kind het vandag
My hart geskeur
Dit oopgeruk
-uitgepluk
Rougevoelens
Wat so stil was.
aanspreek
Met logika
Eie aan
sy tenger denke.
’n Nuwe kinderlike
Sienswyse
Wat aan groot mens brein
Stilte en vrede bring

Pa se as -?

Ja – dit moet bly
Ons gaan dit nie
die wereld vol versprei

By die dam waar ons
Menig dae kon deel
Nee – dis nie sy plek.
As ons van hier af weggaan trek.
Ook nie die tuin
Tussen daisiesblomme fyn
Agterbly is nie ’n opsie
Saam gaan hy
wat ook al ons rigting.

Weet dat daar vir elk
van ons
Saamgevoeg
En getrou bewaar
’n plekkie is –
SO by mekaar
En laaste in
Sal dan vir almal
vrede bring.
Weereens tesaam -
Die keer is dit
- vir ewig
Dankie kind



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Saam vir altyd
Ek like die way wat jy die lyne so goed en waar gooi Lana. Ek like jou!
Landes
11 jaar 4 maande 6 dae 23 ure oud


Ek hou van die manier wat jy dit stel lana. Hou so aan.
Landes.
11 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Saam vir altyd
Hoendervleis-mooi! My seuntjie van ses was gister ontsteld omdat my van nou anders as syne gaan wees wanneer ek trou. Maar gelukkig met geduld en mooi verduidelik, is hy nog weer baie gelukkig oor alles.
11 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Saam vir altyd
Hi Lana, ek lees nou eers hierdie eina gediggie van jou. Kry so min tyd vir kuier op woes. Te min ure in die dag! Hulle se tyd genees alle pyn, ek is nie so seker nie, want so iets bly by mens vir ewig. Miskien word dit so effens ligter as mens sterk en moedig bly. Hoop dit so in jou lewe ook. Ek dink aan jou.
12 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Saam
Ek wil iets sê, maar ek kry nie die woorde nie. Hy is dalk meer by julle as net in as.
12 jaar 10 maande 4 dae 9 ure oud


Juan
Dit gee nuwe betekenis aan die ou gesegte, ons trek sak en AS.....
12 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


My ou Pel
My woorde is sommer weg ....
12 jaar 11 maande 2 dae 7 ure oud


Ai liewe Lana, jou gediggie is mooi en so hartseer. Dis nie maklik om jou lewensmaat en vader van jou kinders te verloor en weer aan te gaan nie. Tog het jy die krag gekry om voort te gaan en hy sal altyd in jou hart wees. Herinneringe kan nooit verdwyn nie. Sterkte.
12 jaar 11 maande 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Reistog van Genade

    deur Hannelie

    My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar