Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met ‘n nuwe jaar wat vir ons loer
bring ek vir jou ‘n belofte so mooi
pak ek vir jou ‘n kosbare saamlooptas
terwyl jy jouself toeknoop in my omgee jas

een groot boks gevul met kalmte
wat jou vir ewig sal vul met warmte
‘n ekstra groot bottel gesondheid
voorberei deur die Ewige Geneesheer
vir elke skeet en moontlike seer

daarby sal ek ook graag wil voeg
‘n streepsak gevul met mannemoed
geduld totaal en al onbeperk
om jou deur onheilsdae te dra en te versterk

ek vul ‘n meelsak met gebede
indiwidueel vir jou uitgesoek met rede
om jou te dra deur elke stormsee
vir elke pyn wat jou plat wil vee

in die hoek pak ek ‘n genadekissie
gevul met goue beloftes wat om jou vou
“wees nie bevrees nie want Ek is met jou”
daarby saam ‘n bottel doodspuit
om satanswerke mee te stuit

opgerol daar binne vind jy daarmee saam
‘n sagte wolkombers sodat jy my arm van vertroosting
elke oomblik van die dag kan ervaar
daar waar jou skippie ook al mag vaar

as padkos gee ek saam
witbrood gevul met hoop
rooi koeldrank vir die liefde
pienk lekkertjies sodat jy rustig kan bly
geel nartjies vir sonskyn en onbeperkte vreugd’

laastens gee ek saam ‘n warmbly jas
gemaak van duisend engelvlerke
om jou en jou saamlooptas
toe te vou en te beskerm
as slotte plaas ek die wete
"van God is in beheer”

daagliks stap ek in gedagtes elke tree met jou
vra die Vader om jou in Sy arms toe te vou
in elke droom stap ek saam
elke tree van jou lewensbaan
met die saamlooptas aan jou sy
sal God jou daagliks van wanhoop bevry

© Anzé Bezuidenhout

('n ou gedig van my wat ek so bietjie aangepas en verstel het)


* Hiermee wil ek elke WOES lid bedank vir die moeite gedoen om my werke te lees gedurende 2014. Dit word opreg waardeer. Mag julle n wonderlike ware Christusfees beleef saam met julle geliefdes en 'n BAIE geseende 2015 beleef
Anzé



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Tas
Dankie vir die lekker tassie wat jy gepak het. Sal beslis van daardie goed nodig kry :-D Hoop jou eie tas bevat net mooi drome.
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


saamloopglas
anze dit is altyd n plesier om jou werk te lees. sonder jou pragbydraes sal ons baie armer wees
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Saamlooptas
Baie dankie maatjie en mag 2015 vir julle n besondere jaar vol seeninge wees.

Geseende Kersfees ook vir julle
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


2015
Ek sit nog vas in 2014, Anze. Maar nou besef ek...oor minder as twee weke is dit 2015 :-) ek dink ek het ook daai tassie nodig. 'n Baie geseënde feesseisoen vir jou en jou geliefdes ook :-)
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Tas
Dis nou pragtig!
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Dankie!
Dis nou 'n gawe tassie om saam te kan vat . . . ek hou veral van:

“wees nie bevrees nie want Ek is met jou”
daarby saam ‘n bottel doodspuit
om satanswerke mee te stuit
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


Tas
Sjoe, ek sal 'n trokkie moet kry om hierdie tas vol goeie wense saam te dra. Baie dankie vriendin. Mag al hierdie goeie wense 100 voudig ook na jou terugkom.
5 jaar 3 maande 1 week 6 dae 21 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar