Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sal ek nog 'n dag kan deurgaan om te vertrou
terwyl deure om my sluit en ek 'n doodloopstraat betree?
Sal ek nog 'n aand moedeloos wakker le
bang onseker oor more se duister wee?

Sal ek nog 'n gryntjie moed behou
terwyl die een na die ander wrede aanslag my tref?
Sal ek erens nog 'n bietjie krag oorhe
om magteloos my stem na bo te hef?

Sal ek nog 'n oggend kan wakker word sonder lus
terwyl elke oomblik wat tik vrese laat meer word?
Sal ek nog 'n dag met die beklemmende gemoed oorleef
wat als wat ek is, genadeloos inkort?

Sal ek nog een keer weer probeer om te glo
terwyl my binneste stukkend smekend pleit?
Sal ek vir oulaas kan opkyk met hoop na bo
sonder opstandige skuldige verwyt?

Sal ek nog 'n dag U onverdiende genade ontvang
terwyl ek nou weet my totale fokus op U, is al wat U verlang?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sal ek nog ...?
'n Mens kan vrae vra, maar ons mag nooit twyfel waar ons krag vandaan kom nie.
4 jaar 6 maande 4 ure oud


die weervoorspelling
baie god bedig
4 jaar 6 maande 22 ure oud


sal ek
Jy beantwoord al hierdie vrae self in jou slot. Ons kom almal op 'n stadium wat ons ten hemele skree en vrae vra maar Hy gee antwoorde op Sy tyd.
Goed gepen.
4 jaar 6 maande 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar