Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



miskien tog
eendag . . .
in die laatheid van die lente
en met die vroeë more-uur
êrens in die wye Karoo

dalk . . .
net so neffens Beaufort-Wes
moontlik . . .
tussen half en kwart voor ses
wyl eerste lig oor skamel gras
en bossies vuur
en koue klip tot goue bruin verkleur
vind ek – per abuis – 'n gompou-veer

en doop dit in die bitter-einder nag
wat nog in donker klofies ink
en skryf vir jou 'n brief
(waarvan elke reël dieselfde klink)
en sê 'n honderd maal
of meer
"ek het jou . . . baie lief"



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Meesterstuk . . .
klaar!
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud


Sal jy my dan glo
Carma, so goed ek kan dit alles toe oe sien!
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Sal jy my glo
Baie pragtige skrywe
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


glo
regtig n mooi werk
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


die weervoorspelling
nice.
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


sal jy my dan glo
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


sal jy my glo
Ai dis so sweet
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Dankie
Dankie as jy lees. Dis 'n herplasing vir die liefdesprojek :-)
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud



Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar