Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

miskien tog
eendag . . .
in die laatheid van die lente
en met die vroeë more-uur
êrens in die wye Karoo

dalk . . .
net so neffens Beaufort-Wes
moontlik . . .
tussen half en kwart voor ses
wyl eerste lig oor skamel gras
en bossies vuur
en koue klip tot goue bruin verkleur
vind ek – per abuis – 'n gompou-veer

en doop dit in die bitter-einder nag
wat nog in donker klofies ink
en skryf vir jou 'n brief
(waarvan elke reël dieselfde klink)
en sê 'n honderd maal
of meer
"ek het jou . . . baie lief"





C. Shaw
5 September 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sag
Met hierdie gompou veer, kan jy beslis mooi skryf. Dis pragtig!
6 jaar 4 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


glo
nee wragtie ek staan op vir hierdie wonderlike mooi woorde van jou
6 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


sal jy my dan glo
n treffer uit jou pen soos gewoonlik!!! Pragtig gepen Carma met die mooiste beelde
6 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 12 ure oud


!!!!!
Jy bou die storie pragtig op tot 'n crecendo. Weef die natuur en die tyd van die dag se beelde so beskrywend in.
Dit vloei mooi. Tot in die liefdesdam.
6 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
Hoe jy jou tonele skets en inkleur.
(tot klip kry lewe).


[klink vir my na uitskryfwerk..)
6 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


gompouveer
carma het nou maar eenmaal die vermoe om die spreekwoordelike haas uit die hoed te haal
6 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


Ek skud ook net my kop!
Waar kom jy aan die gompouveer? Sjoe maar dis mooi. Soos Anri sê: Alles wérk net eenvoudig! PERFEK!
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae oud


.
Hoe kry jy dit reg?

Dis pragtig. Alles werk. Ek is mal oor die 'neffens' 'tussen' en 'half' waarmee jy so goed hier gespeel het.

Pragtig!
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


***
Skitterend, Carma!
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar