Gedigte

Titel: salig
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



die 12mg nikotien smeul
tussen my vingers
met ’n paar druppels bloed
wat die nag rooi verf
die kleur van blomme wat
minagtend
deur haar ma weggesmyt
word

salig sal drome van
haar ander kant met my
gevoelens in sy kake
rondloop
ek is ’n taai stuk vleis
ek bloei nooit droog nie
ek verveel die duiwel
ek stik die velle van kinders
salig salig jou
salige sot




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

salig
ek kan voel day jy voel wat jy skryf, Magtige woorde, ek hou van daai slot.
4 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 5 ure oud


Salig
jou inleidende woorde is puik...

"die 12mg nikotien smeul
tussen my vingers
met ’n paar druppels bloed
wat die nag rooi verf....

ek het nog nooi so aan die aandskemer gedink nie... hier het jy diep gaan delf!

Jy is die meester van die donker genre, as ek so iets probeer aanpak val dit net eenvoudig plat...
4 jaar 2 maande 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar